Wednesday 13 April 2011

Volksblad

Buchan begin vandag met nuwe fliek



JOHANNESBURG. – Mnr. Angus Buchan, die evangelis van Greytown op wie se lewe die fliek Faith like Potatoes geskoei is, begin vandag saam met die regisseur FC Hamman aan sy nuwe fliek werk.
Die rolprent, getitel Angus Buchan’s Ordinary People, is nie ’n opvolg op Faith like Potatoes nie, het Hamman gister op ’n mediakonferensie gesê.
“Dit is ’n verhaal van mense wat deur Angus se preke aangeraak is en hoe dit hul lewe beïnvloed het.
“Die fliek handel oor alledaagse probleme waarmee ons almal in ’n stadium worstel.”
Verskeie bekende akteurs sal hande vat om kleur aan die produksie te gee.
Anrich Herbst speel die rol van ’n middeljarige Buchan in die fliek. Herbst het bekendheid verwerf vir sy rol as Wimpie van Tonder in Orkney Snork Nie.
Hannes Muller, voorheen regisseur van Egolien in die produksiespan van Binnelanders, Jaco Muller van Erfsondes 3en Lucky Koza van Isidingo is ook in die fliek te sien.
Buchan, wat al groot manne laat huil het, is duidelik baie opgewonde oor die nuwe rolprent. Hy het gesê fliekvlooie sal hulle daarmee kan vereenselwig en lewenslesse daaruit haal wat hulle self ook beleef het.
“Dit is nie ’n fliek vir Christene nie. Dit is ’n fliek vir mense met menslike probleme. Dis so maklik om ’n Christen op ’n platform te wees, maar soveel moeiliker om dit by die huis tussen jou eie mense te wees.
“Dié fliek beeld dit uit en sal daarom spesiaal wees.”
Die verfilming begin vandag en sal volgens Hamman sowat ses tot sewe weke duur.
Die rolprent sal teen Paastyd 2012 in teaters te sien wees.
- Volksblad

Die Burger

Buchan se nuwe fliek 'is nie vir Christene'

2011-04-12 01:30

Johannesburg - Angus Buchan, die evangelis uit Greytown op wie se lewe die fliek Faith like Potatoes geskoei is, begin vandag saam met die regisseur FC Hamman aan sy nuwe fliek werk.
Die fliek, getiteld Angus Buchan’s Ordinary People, is nie ’n opvolg op Faith like Potatoes nie, het Hamman gister op ’n nuuskonferensie gesê.
“Dit is ’n verhaal van mense wat deur Angus se preke aangeraak is en hoe dit hul lewens beïnvloed het.
“Die fliek handel oor alledaagse probleme waarmee ons almal in ’n stadium worstel.”
Verskeie bekende akteurs sal hande vat om kleur aan die produksie te gee.
Anrich Herbst speel die rol van ’n middeljarige Buchan in die fliek. Herbst het bekendheid verwerf vir sy rol as Wimpie van Tonder in Orkney Snork Nie.
Hannes Muller, voorheen regisseur van Egolien ’n lid van die produksiespan van Binnelanders, Jaco Muller van Erfsondes 3en Lucky Koza van Isidingo is ook in die fliek te sien.
Buchan, wat al groot mans laat huil het, is duidelik baie opgewonde oor die nuwe rolprent. Hy het gesê fliekvlooie sal hulle daarmee kan vereenselwig en lewenslesse daaruit haal wat hulle self ook beleef het.
“Dit is nie ’n fliek vir Christene nie. Dit is ’n fliek vir mense met menslike probleme. Dis so maklik om ’n Christen op ’n platform te wees, maar soveel moeiliker om dit by die huis tussen jou eie mense te wees. Dié fliek beeld dit uit en sal daarom spesiaal wees,” het Buchan bygevoeg.
Die verfilming begin vandag en sal volgens Hamman sowat ses tot sewe weke duur.
Die rolprent sal teen Paastyd 2012 in teaters te sien wees.
- Die Burger

MSN Zalebs


Following the success of “Faith Like Potatoes”, a film that told the story of pastor Angus Buchan’s life, another film based on Angus is to be released in Easter 2012. The filmmaker for the film is FC Hamman, and will focus on how people’s lives have been changed by Angus’ beliefs and conferences. The film, called “Ordinary People”, will tell stories about men whose lives were changed after they attended one of Buchan’s Might Men conferences.
Filming started in April, and features Anrich Herbst, Norman Anstey and Hannes Muller.